Skielik Is Jy Vry

Theuns Jordaan
앨범 : Vreemde Stad
As niemand van jou hoor nie;
as niemand van jou weet nie,
kan jy tog niks verloor nie--
kan niemand jou vergeet nie.
As niemand jou bemin nie;
as niemand jou ooit raak nie,
kan niemand trou versin nie--
kan niemand jou versaak nie.
Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie--
en skielik is jy vry.
As jy op niemand leun nie
en niks van iemand vra nie,
hoef niemand jou te steun nie;
hoef niemand jou te dra nie.
Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie--
en skielik is jy vry.

관련 가사

가수 노래제목
Theuns Jordaan Vreemde Stad
Theuns Jordaan Soos Bloed
Theuns Jordaan Onthou Jy Nog
Theuns Jordaan Skipskop
Theuns Jordaan Makiesakie
Theuns Jordaan Beautiful In Beaufort-Wes
Theuns Jordaan Sonvanger
Theuns Jordaan Lalie
Theuns Jordaan Hakieshart
JY Wanna Do




가사 수정 / 삭제

댓글목록

등록된 댓글이 없습니다.